top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groter beperkings op alkoholverkope word gevra

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 9 hours ago
  • 1 min read

Die DG Murray Trust se Rethink Your Drink-veldtog het groter beperkings op alkoholverkope en -advertensies gevra.


Volgens die veldtogbestuurder Kashifa Ancer dra swaar alkoholgebruik en drankmisbruik by tot verhoogde skade in die samelewing.


Sy voeg by dat die onwettige alkoholvervaardigings- en -verkoopbedryf steeds ’n groot dryfkrag agter hoër vlakke van alkoholgebruik is.


Ancer sê die vermindering van swaar drinkery is nodig om alkoholverwante trauma en geweld, asook die risiko van fetale alkoholspektrumversteuring, te bekamp.


Haar opmerkings kom terwyl die Nasionale Tesourie met openbare konsultasies begin oor ’n hersiening van die alkoholbelastingraamwerk.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page