Gure weer belemmer Centlec se herstelwerk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Gure weerstoestande bemoeilik Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, se herstelwerk.
Dit volg nadat die nutsmaatskappy die afgelope twee dae 'n groot toename in foutverslae en diensklagtes ontvang het.
Centlec sê in 'n mediaverklaring die reën en gladde, modderige paaie maak dit moeilik vir tegniese spanne om sommige gebiede te bereik.
Tog is spanne oor die geaffekteerde gebiede ontplooi om foute te identifiseer en kragtoevoer so vinnig en veilig moontlik te herstel.
Die maatskappy waarsku egter dat die aanhoudende gure weer die herstelproses kan vertraag. Verdere gure weer word in die komende dae verwag en Centlec doen 'n beroep op mense om geduldig te wees.
Bloemfonteiners word ook gemaan om alle elektriese infrastruktuur as lewendig en gevaarlik te beskou en weg te bly van beskadigde of omgevalle infrastruktuur.








Comments