top of page

Hamer-aanval: 'n Verdagte is vir 'n onverwante saak agter tralies

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 10 hours ago
  • 1 min read

’n Man wat weens die hameraanval op en verkragting van ’n 60-jarige vrou van Bothaville ondersoek word, is tot drie jaar tronkstraf in ’n onverwante voorval van huisbraak gevonnis.


Die vrou is op 26 Julie vanjaar in haar huis drie keer met ’n hamer oor die kop geslaan en verkrag.


Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sers. Palesa Thabana, het by navraag aan Netwerk24 gesê die 34-jarige man is weens poging tot moord en verkragting in hegtenis geneem, maar weens ’n gebrek aan bewyse op 6 Augustus vrygelaat.


Thabana sê die polisie wag op die uitslag van DNS-toetse voordat iemand met die aanval verbind kan word.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page