top of page

Hamer-aanval: Nog niemand is in hegtenis geneem nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 4
  • 1 min read

Die familie van die vrou van Bothaville in die Vrystaat wat in Julie vanjaar met ’n hamer oor die kop geslaan en verkrag is, voel verslae en gefrustreerd omdat niemand nog weens die aanval in hegtenis geneem is nie.


Volksblad berig die 60-jarige vrou, wat op 26 Julie in haar huis aangeval is, ly aan erge angs en is bang om alleen te wees, sê haar man.


Polisiewoordvoerder, sers. Palesa Thabana, sê daar is nog DNS-toetse uitstaande voordat iemand in hegtenis geneem kan word. 'n Man is op 6 Augustus in verband met die aanval in hegtenis geneem, maar is egter vrygelaat omdat die direkteur van openbare vervolgings (DOV) van mening was dat daar geen verband tussen hom en die verdagte is nie.


Die slagoffer se man sê dit is moeilik om te dink dat sy vrou se aanvaller moontlik naby hulle woon.


Haar man sê sy wil nie met hom of met die sielkundige oor die aanval praat nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page