top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Hand-voet-en-mondsiekte is by 'n Bloemfonteinse kleuterskool aangemeld

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 31, 2025
1 min read

'n Kleuterskool in Bloemfontein het 'n brief aan ouers gestuur wat hulle inlig oor ’n geval van hand-voet-en-mond-siekte by dié skool.


Netwerk24 berig Rainbow Kids in Parkwes het Donderdag gevra dat kinders wat simptome toon, by die huis gehou en ’n dokter geraadpleeg word. Hulle het ook goeie higiëne-gewoontes aanbeveel, soos om gereeld hande te was en hul mond te bedek wanneer hulle hoes of nies.


Die brief sê voorts die Westdene-kliniek sal die skool besoek vir gesondheidsbeheer en ondersteuning.


Luidens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se webwerf is hand-voet-en-mondsiekte ’n virusontsteking wat algemeen babas en kinders onder 10 jaar raak. Dit is gewoonlik lig en selfbeperkend, wat beteken dat diegene wat geraak word, gewoonlik binne sewe tot 10 dae herstel.


Dis hoogs aansteeklik, maar glad nie ’n dodelike siekte nie.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page