top of page

Hernu jou lisensie betyds, vra die padowerheid

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 days ago
  • 1 min read

Motoriste wat beplan om oor die Paasnaweek te reis, word aangemoedig om hul voertuiglisensieskyfies en bestuurslisensiekaarte voor die einde van Maart te hernu.


Die Padverkeersbestuurskorporasie sê Natis-data toon dat meer as 700 000 voertuiglisensieskyfies en meer as 200 000 bestuurslisensiekaarte landwyd sal verval. Gauteng is die provinsie wat die meeste geraak word.


Die Padverkeersbestuurskorporasie se Simon Zwane sê motoriste kan voertuiglisensies aanlyn hernu deur die Natis-platform, met aflewering binne drie tot vyf werksdae.


LUISTER HIER:


Simon Zwane

Intussen verneem Rosestad-nuus dat volgens gerugte is die Lengau-toetssentrum in Bloemfontein steeds gesluit, en laat na bewering net 'n sekere hoeveelheid mense daagliks toe.


Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos
Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos

Comments


bottom of page