top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Herstelwerk by die Fidel Castro-gebou vorder goed

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 25
  • 1 min read

Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sê onderhoudswerk by die Fidel Castro-gebou in Bloemfontein vorder goed.


Volgens die departement word keldermure tans herstel nadat watersypeling tydens roetine-inspeksies geïdentifiseer is.


Opgrawings en verdere tegniese assesserings is ook aan die gang om die omvang van die probleem te bepaal en dit doeltreffend aan te spreek.


Die departement sê die werk word só beplan dat dit nie die daaglikse bedrywighede in die gebou ontwrig nie.


Fidel Castro-gebou. FOTO: Facebook
Fidel Castro-gebou. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page