Hoewe-eienaars gaan nou meer erfbelasting betaal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 21
- 1 min read
Hoewe-eienaars in Bloemfontein se eiendomsbelasting gaan dramaties styg wanneer die nuwe eiendomsbelasting van 1 Julie af in die Mangaung-metro gehef word.
Nova News berig dié gebiede, wat as landbougrond beskou word, het vroeër 75% afslag ontvang. Nou gaan eiendomme teen standaard-eiendomstariewe belas word, terwyl die grond steeds afslag van 75% kry, ongeag of daar landbouaktiwiteite is of nie.
Die Mangaung-metro se bestuurder van inkomste, Kolisang Rapulungoane, sê ondernemings in hoewegebiede sal, net soos ander ondernemings, vier keer meer belasting betaal.
Rapulungoane verduidelik ‘n onafhanklike waardeerder hanteer die waardasieproses, en dit is geskoei op markwaardes. Waar daar aanbouings was of waar eiendome buite verhouding met soortgelyke eiendomme in die omgewing belas is, word dit nou met die nuwe waardasierol reggetrek.
DA-raadslid Tjaart van der Walt sê individue wat nie tevrede is met die nuwe waardasierol nie, moet nou skriftelik beswaar maak. Mense ouer as 60 jaar kan aansoek doen vir vrystelling van die eerste R300 000 van die waarde van hul eiendom op erfbelasing.








Comments