top of page

Honderde duisende Vrystaat-slagoffers wag glo op geregtigheid

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 17
  • 1 min read

Vrystaatse speurders en gespesialiseerde eenhede het ‘n saaklading van gemiddeld 395 dossiere per persoon, dit terwyl die ideale getal dossiere 100 per persoon is. Dit impliseer dat die 1597 speurders 'n gekombineerde 630 815 onopgeloste sake op enige gegewe tydstip het. DA-woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, sê in ‘n mediaverklaring die getalle is volgens die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula. Die party voeg by die werkladings is een van die redes vir swak opsporings- en skuldigbevindingsyfers in die provinsie. Hulle is van mening dat die beste afskrikmiddel vir voornemende misdadigers die wete is dat as jy 'n misdaad pleeg, jy opgespoor, skuldig bevind en gestraf sal word, wat nie moontlik is wanneer die polisie oorwerk en onderbemand is nie.

 
 
 

Comments


bottom of page