top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Honderde teenstrydighede is in polisie-leefstyloudits geïdentifiseer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 14
  • 1 min read

Die waarnemende minister van Polise, Firoz Cachalia, sê honderde teenstrydighede is die afgelope vyf jaar in leefstylondersoeke van senior amptenare van die Suid-Afrikaanse Polisiediens geïdentifiseer.


Hy het in ’n skriftelike parlementêre antwoord aangedui dit het hoofsaaklik betrekking op voertuie, eiendomme en maatskappydirekteurskappe wat nie verklaar is nie. Sommige aankope was volgens hom nie in verhouding tot amptenare se bekende inkomste nie.


Cachalia sê 77 teenstrydighede is in 2021 onder 611 senior bestuurders gevind, teenoor 122 van 737 amptenare sedert April 2026. Die meeste sake is deur konsultasie en regstellings afgehandel.


Firoz Cachalia. FOTO: Facebook
Firoz Cachalia. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page