Hondsdolheid het vanjaar reeds die lewe van 15 mense geëis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 37 minutes ago
- 1 min read
Suid-Afrika het sedert die begin van die jaar 15 mense sterftes weens hondsdolheid aangeteken.
Die sterftes is in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo aangemeld.
Die Departement van Landbou doen intussen ’n beroep op Suid-Afrikaners om hul honde en katte teen hondsdolheid in te ent en vermoedelike gevalle aan te meld.
Volgens die departement is 115 laboratorium-positiewe gevalle van hondsdolheid by diere tussen Januarie en Julie aangeteken.
Enigiemand wat deur ’n vermoedelike hondsdol dier gebyt of gekrap word, moet die wond onmiddellik vir minstens 10 minute met seep en lopende water was en mediese hulp soek.







Comments