Hospice Bfn vereer ‘n matrone wat steeds op 85 omgee
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
‘Verpleegkundiges tree nooit regtig af nie — hulle bly help so lank as wat hulle kan.’
Só sê die medestigter en bestuur van Hospice Bloemfontein, Hanneke Lubbe aan Rosestad-nuus oor matrone Linette Peltzer, wat onlangs haar 85ste verjaardag gevier het.
Peltzer was deel van die eerste groep vrywilligers toe Hospice in 2017 begin het en het talle pasiënte en families ondersteun.
Hoewel sy nie meer voltyds werk nie, loer sy steeds gereeld in vir ’n koppie koffie en om met die span kontak te hou.
Volgens Peltzer het sy nog altyd ’n roeping gehad om mense te help — veral dié wat minder het en maklik oor die hoof gesien word.
Sy voeg by haar jare in verpleging en by Hospice was ’n voorreg — en, soos sy dit stel, ‘alles net genade van die Liewe Vader.’








Comments