Howe vat maatskappye wat wette gebruik om skuld te ontduik vas
- Armando Pieters

- Apr 5
- 1 min read
Howe is besig om maatskappye vas te vat wat probeer om sakereddingswette te gebruik om die betaling van skuld te vertraag. Dit is volgens regskenners van die maatskappy, Webber Wentzel. Hulle sê hierdie bymotiewe, vermom as goedertrou sakereddingsverrigtinge, word ‘n toenemende kommer in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg. Webber Wentzel het daarop gewys dat die howe nou ‘n kommerwekkende toename sien in gevalle waar sakereddingsaansoeke ingedien word, nie om werklik ‘n besigheid te red nie, maar eerder om krediteure te stuit of te ontduik.





Comments