Hoë skuldvlakke dui steeds op ekonomiese druk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 19
- 1 min read
Hoewel die jongste rentekoerse-kortings deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank verligting vir talle Suid-Afrikaners gebring het, is daar steeds verbruikers wat swaar skuld dra.
Dit is volgens die skuldbeheersmaatskappy DebtBusters. Baie Suid-Afrikaanse huishouding maak steeds staat op korttermynbetaallenings om uitgawes te dek.
Volgens DebtBusters het aanlyndienste vir skuldberading in die derde kwartaal van die jaar met 47% gestyg.
Baie huishoudings betaal tot 70% van hul netto inkomste aan skuld.






Comments