top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Hysbakprobleme knou diens by Bloemfonteinse hospitale

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Updated: 5 days ago

Verouderende infrastruktuur by verskeie hospitale in die Vrystaat knou glo die lewering van gesondheidsdienste.


Volgens Sunday World sluit dit onder meer Pelonomi Tersiêre Hospitaal en Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein in, asook verskeie ander hospitale in die provinsie.


Hysbakke by sommige van dié fasiliteite is glo in sekere gevalle al jare buite werking, wat die beweging van pasiënte bemoeilik. Personeel moet na bewering soms pasiënte tussen afdelings dra.


Die Vrystaatse departement van gesondheid se woordvoerder, Mondli Mvambi, sê owerhede is bewus van die probleme.


Hy sê die vorige diensverskaffer het nie aan kontraktuele verpligtinge voldoen nie en die kontrak is beëindig.


’n Ervare kontrakteur is sedertdien aangestel om herstelwerk, inspeksies en maandelikse instandhouding te doen. Volgens Mvambi het herstelwerk reeds begin.


FOTO: Sunday World
FOTO: Sunday World

Comments


bottom of page