Inbrake by Vrystaatse toetsstasies neem weer toe
- Armando Pieters

- Sep 18
- 1 min read
Daar is ‘n toenmende aantal inbrake by toetsstasies in die Vrystaat, en daar word gewaarsku dat hierdie misdade nie net tot die sluit van toetsstasies kan lei nie maar kan ook noodsaaklike dienste soos lisensiëring en padwaardigheidstoetse vertraag. Central News berig dit is nie die eerste keer dat die provinsie sulke probleme ondervind nie. In Februarie 2023 het 'n vlaag inbrake gelei tot die tydelike sluiting van ten minste ses verkeers- en lisensiëringsentrums. Die Botshabelo-sentrum, die tweede grootste in die Mangaung Metro Munisipaliteit na die Lengau-sentrum, was onder diegene wat geraak is. ‘n Sidikaat het kabels en noodsaaklike toerusting soos monitors gesteel, wat bedrywighede verlam en motoriste gedwing het om na naburige dorpe te reis vir dienste.





Comments