top of page

’n Ma word vir mishandeling en verwaarlosing gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die Bloemfonteinse Streekshof het ’n 34-jarige ma tot 10 jaar direkte gevangenisstraf vir die mishandeling en verwaarlosing van haar twee minderjarige kinders gevonnis.


The Citizen berig die vrou het in 2024 skuldig gepleit op verskeie aanklagte van aanranding en kinderverwaarlosing.


Die hof het gehoor dat sy in September 2024 haar negejarige dogter aangerand het nadat die kind haar bed natgemaak het.


Die ma het die kind gedwing om te bad en haar kop herhaaldelik onder water gedruk, voordat sy haar met ’n gordel geslaan het.


In dieselfde maand is haar sesjarige dogter ook aangerand.


Die ma het verder erken dat sy ook versuim het om haar kinders van voldoende kos te voorsien.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page