top of page

Voertuie word in Bloem-middestad geskut

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Voertuie is geskut, ondernemings beboet en vervalde produkte van winkelrakke verwyder tydens ’n multi-dissiplinêre nakomingsoperasie wat in Bloemfontein se middestad uitgevoer is.


Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit se sosiale media het die operasie ten doel gehad om stadsverordeninge af te dwing.


Verskeie rolspelers was by die optrede betrokke, waaronder Mangaung Verkeer en Wetstoepassing, die Departement van Arbeid, Omgewingsgesondheid en Centlec.


Elektrisiteitsmeters is ook geïnspekteer om te verseker dat dit nie onwettig omseil is nie.


Die stad se verkeershoof, Motlatsi Koekoe, het gesê nie-nakoming deur besighede is onaanvaarbaar en beklemtoon dat ondernemings hul wetlike verantwoordelikhede moet nakom, insluitend behoorlike vullisverwydering.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page