Informele nedersettings verhoog brandrisiko
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 27
- 1 min read
Informele nedersettings verhoog die risiko van brandvoorvalle en plaas toenemende druk op verouderende infrastruktuur.
Dit volgens die hoof van die Nasionale Rampbestuursentrum, Elias Sithole.
Volgens ’n plasing op die Mangaung Metro Munisipaliteit se sosiale media beklemtoon Sithole dat die uitbreiding van informele nedersettings tot ’n merkbare toename in brande landwyd bydra.
Hy sê by die Nasionale Branddienste-indaba in Bloemfontein, beter hulpbrontoewysing, sterker beplanning en gekoördineerde optrede is nodig om gemeenskappe beter te beskerm.
Die Witskrif oor Branddienste beskou brandbestryding as ’n kritieke munisipale funksie en beklemtoon dat munisipaliteite voldoende toegerus moet wees om betroubare dienste te lewer.
Samewerking tussen regering, die private sektor en ander rolspelers bly volgens die indaba noodsaaklik om veerkragtige en veiliger gemeenskappe te bou.







Comments