top of page

Internasionale hof bevestig diskriminasie teen Caster Semenya

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 10
  • 1 min read

Die Europese Menseregtehof het bevind daar is teen Caster Semenya gediskrimineer op grond van haar natuurlike testosteroonvlakke.

Eyewitness News berig dié Suid-Afrikaanse Olimpiese kampioen-atleet was in 2019 verban van deelname in sekere vroue-baan-items nadat die wêreld atletiekorganisasie regulasies ingestel het wat vereis het dat vroulike atlete met verskille in seksuele ontwikkeling hul testosteroonvlakke medies moet verlaag.

Die hof het Woensdag 'n besluit van 2023 gehandhaaf wat lui die reëls het Semenya se reg tot privaatheid, nie-diskriminasie en doeltreffende wetlike beskerming geskend.

IOL berig die besluit is egter hoofsaaklik simbolies, aangesien Semenya steeds nie mag deelneem mits sy hormoonmedikasie neem nie.

 
 
 

Comments


bottom of page