Inwoners is keelvol vir die moeras onverwerkte rioolvuil in Bainsvlei
- Armando Pieters

- Aug 21
- 1 min read
Die moeras van onverwerkte rioolvuil wat rondom die Bainsvlei polisiekantoor vloei het Bloemfonteiners keelvol. Volgens die voorsitter van Bainsvlei se gemeenskapforum, Henk Smith, loop die riool die strate vol. Dit aangesien die polisiekantoor se rottingsputte glo net een keer per week leeggemaak word en oorloop. Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder, Luitenant kolonel, Thabo Covane, is dit die Mangaung Metro Munisipaliteit se verantwoordelikeheid om te verseker dat die rottingsputte gereeld skoongemaak word. Hy voeg by die stasiebevelvoerder sal binnekort met die gemeenskap en die munisipaliteit oor die probleem vergader.





Comments