top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Anglo-Boereoorlog word moontlik uit die skoolkurrikulum verwyder

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 days ago
  • 1 min read

Updated: 2 days ago

Die Anglo-Boereoorlog kan moontlik uit Suid-Afrika se skoolkurrikulum verwyder word.


Dit vorm deel van voorgestelde veranderinge aan die geskiedenis-sillabus vir hoërskoolleerders wat deur die Departement van Basiese Onderwys gepubliseer is.


Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het die voorstelle in die Staatskoerant bekend gemaak.


Die konsep stel ’n meer Afrika-gesentreerde benadering tot geskiedenis voor, met minder fokus op Europese gebeure.


Benewens die Anglo-Boereoorlog, kan die Franse Rewolusie ook uit die Graad 10-kurrikulum verwyder word, terwyl temas soos die bevrydingstryd en apartheid-era meer aandag sal kry.


Matriekleerlinge sal volgens die voorstelle ook nie meer oor Amerikaanse burgerregtefigure leer nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page