Jeremy Clarkson is ‘n paar skape kwyt

Sep 7
1 min read
Die gewilde TV-persoonlikheid Jeremy Clarkson is onlangs die slagoffer van veediefstal toe 11 skape van sy Diddly Squat Farm gesteel is.
Clarkson sê aan The Sun hy is woedend nadat hy ontdek het sy skape is vermis toe hy die kudde saam met Kaleb Cooper, sy medester in die gewilde Amazon-reeks Clarkson’s Farm, gaan tel het.
Maroela Media berig volgens Clarkson word die waarde van die gesteelde skape op sowat R43 000 beraam. Die skape het deel gevorm van sy sogenaamde Easy Care-skape wat hy in seisoen ses van die reeks aangeskaf het.








Comments