top of page

Jonathan Jansen ontstel matrieks by 'n skoolpraatjie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 25
  • 1 min read

Die Hoërskool Stellenberg in Durbanville in die Wes-Kaap het hul matrieks bymekaargeroep en op ouers se klagtes gereageer ná ’n omstrede praatjie deur die oudrektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, by dié skool.


Netwerk24 berig Jansen se praatjie het ouers van matriekleerlinge ontstoke gelaat weens sommige uitlatings. Een ouer sê Jansen het oënskynlik te kenne gegee dat leerlinge van die Stellenberg nie uitdagende persoonlike omstandighede ervaar nie en dat hulle akademiese sukses daarom nie so waardevol is soos ander s’n nie. Hy het dit glo laat klink asof die kinders nie weet wat harde werk is nie.


Die ouer voeg by Jansen het wiskundegeletterdheid as ’n nuttelose vak en 'n grap beskryf, en dit laat blyk iemand is dom as hulle wiskundegeletterdheid neem.


Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê die skool is besig om die saak te hanteer. Jansen het nie op versoeke vir kommentaar gereageer nie.


Jonathan Jansen. FOTO: News24
Jonathan Jansen. FOTO: News24

Comments


bottom of page