Jong skeerders kry hul kans
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Selfs jong skaapskeerders kry hul kans om hul vaardighede te toets by die Golden Shears-wêreldkampioenskap.
Landbouweekblad berig die kompetisie vind in Masterton in Nieu-Seeland plaas en sluit ook ’n teddiebeer-handskeer-afdeling vir kinders in.
Die afdeling gee jong deelnemers die geleentheid om op ’n speelse manier die kuns van skaapskeer te leer en moontlik eendag self aan die wêreldkampioenskap deel te neem.
Intussen het Suid-Afrika se handskeerspan die afgelope naweek weer gewys waarom hulle as van die beste in die wêreld beskou word, en het vir die sesde keer in ’n ry die wêreldtitel in die handskeer-afdeling gewen.







Comments