Vrystaatse veeartsgegradueerdes wag steeds vir werksgeleenthede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Talle Vrystaatse veeartsgegradueerdes wag steeds vir geleenthede om in Suid-Afrika te praktiseer - nadat hulle jare gelede hul studies in Rusland voltooi het.
Bloemnuus berig 39 studente het ’n Baccalaureusgraad in Veeartsenykunde aan die People’s Friendship University in Moskou verwerf.
Hul studies is aanvanklik deur die Vrystaatse premier se kantoor, destyds onder Ace Magashule, geborg en later deur die Vrystaatse Departement van Landbou ondersteun.
’n Woordvoerder vir die groep, Danny Maputsoe, sê die gegradueerdes sukkel steeds om die nodige praktiese en kliniese blootstelling te kry om ten volle in die beroep te integreer.
Hy sê dit is veral kommerwekkend te midde van uitdagings vir diergesondheid, insluitend die uitbraak van bek-en-klouseer.
Die premier se kantoor het nog nie terugvoer oor die saak verskaf nie.







Comments