top of page

Swendelaars lei Bloem-leerders om die bos

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Leerders van ’n hoërskool in die suide van Bloemfontein is glo deur swendelaars om die bos gelei.


Die voorval het volgens een van die leerlinge se ma ná skool plaasgevind.


Sy sê aan Rosestad-nuus die man het glo die seuns gevra waar die naaste bank is en hulle daarna om hulp gevra om, teen betaling, kontant te tel en vir hom te bring.


Die man het glo tydens die voorval met die seuns se selfone gevlug.


Volgens polisiewoordvoerder Lt. Kol. Thabo Covane het die Parkweg-polisiekantoor al voorheen soortgelyke sake ondersoek waar vreemdelinge slagoffers vra om te help om kontant te tel.


Hy waarsku mense om versigtig te wees wanneer vreemdelinge hulp vra, en om hul besittings, soos selfone en skootrekenaars, te beskerm.


Covane sê enige misdaad moet by die naaste polisiekantoor aangemeld word en mense moet probeer om ’n beskrywing van verdagtes en voertuie te onthou.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page