top of page

Samewerking is nodig om die land se waterkrisis op te los

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Samewerking tussen die privaatsektor en plaaslike regering kan help om Suid-Afrika se groeiende waterkrisis aan te pak.


Dit volg nadat die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, gesê het waterprobleme in al 257 munisipaliteite is só ernstig dat nasionale ingryping nodig is, maar dat begrotings dit nie toelaat nie.


AfriForum doen nou ’n beroep op die regering om die privaatsektor toe te laat om met munisipale water- en sanitasiedienste te help.


Die organisasie se bestuurder vir omgewingsake, Lambert de Klerk, sê die krisis is grootliks mensgemaak en spruit uit swak instandhouding van infrastruktuur.


Volgens hom is samewerking tussen die privaatsektor en plaaslike regering nou die enigste haalbare oplossing.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page