Joshlin Smith: 'n Hernude soektog is weer gestaak
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 28
- 1 min read
Die polisie se soektog na die vermiste Joshlin Smith is Vrydag by Saldanhabaai aan die Kaapse Weskus gestaak. Dit was die tweede dag van ’n hernude soektog na die dogtertjie.
SABC News berig die soektog na Joshlin is van stapel gestuur ná onlangse bewerings deur ’n gemeenskapslid oor waar sy haar na bewering bevind. Lede van die K9-honde-eenheid en gemeenskapslede het gehelp met die soektog by Tabakbaai in Saldanhabaai. Die polisie se woordvoerder, André Traut, sê elke leidraad word ernstig opgevolg.
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê hy het nuwe inligting aan die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, oorhandig wat verskeie mense met die verdwyning van Joshlin Smith verbind. Hy het tydens ’n besoek aan Saldanha gepraat. Hy sê Cachalia het die inligting na die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gestuur.
Hy voeg by hy is tans net bereid om te sê dat die inligting daarop dui dat meer mense by Joshlin Smith se verdwyning betrokke is.
Die destyds sesjarige Smith het twee jaar gelede vermis geraak. Haar ma, Kelly Smith, Jacquen Appolis en Steveno van Ryn dien tans lewenslange vonnisse uit vir mensehandel en die ontvoering van die jong meisie.






Comments