Joshlin Smith: 'n Staatsgetuie weet glo waar sy is
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 16
- 1 min read
Die PA-leier, Gayton McKenzie, sê die staat se getuie in die Joshlin Smith-saak, Lourentia Lombaard, is bereid om nou vir die polisie te sê waar Joshlin is.
Netwerk24 berig McKenzie het Sondag in Saldanha, op die bekendstelling van die Joshlin Smith-stigting, gesê hy vergader Woensdag met die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia. Hy gaan bewyse en verklarings oor Joshlin se verdwyning, wat deur ’n privaat speurder bekom is, oorhandig.
Volgens McKenzie was die speurder, Tyron Power, vroeg vanjaar by Ayanda Litoni se huis in die Oos-Kaap. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Litoni is Lombaard se kêrel.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Lombaard is bereid om nou vir die polisie te sê waar Joshlin is nadat Litoni glo hul kind aangerand het. Volgens McKenzie is Litoni die meesterbrein agter die ontvoering en verdwyning van Joshlin op 19 Februarie 2024 en is die polisie besig om mense te beskerm.





Comments