top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kaapse kasteelbewoners-ontruiming lei na protes en brande

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 2, 2024
  • 1 min read

Inwoners van Kaapstad wat die area rondom die Kasteel onwettig beset het, se verwydering het op 1 November gelei tot vergeefse protesaksie en brande. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, verduidelik dat al die besetters alternatiewe skuiling aangebied is, maar slegs ’n handvol het daarop gereageer. Dit is nog beskikbaar, sou hulle daarvan gebruik wil maak. Netwerk24 berig die spertyd om die area te ontruim was 17 September, waarop daar nie ag geslaan is nie. Sowat 65 strukture is verwyder. Die brandweer het net voor 07:00 die oggend ’n oproep ontvang dat daar brande by die Kasteel die Goeie Hoop is, maar hulle het dit enkele minute later geblus. Die Kaapstad-metro het nog goedgekeurde uitsettingsbevele om onwettige besetters op verskeie plekke in die stad te ontruim.

 
 
 

Comments


bottom of page