Kabel-diefstal neem toe in Bloemfontein
- Armando Pieters

- Jun 11
- 1 min read
Daar is ‘n beduidende probleem met die diefstal van airdac-kabels binne die Mangaung Metro Munispaliteit. Dit volgens ‘n kennisgewing van Bloemfontein se elektrisiteitsverskaffer Centlec. Die kabels word gebruik om elektrisiteit van die kragnetwerk na individuele huise te bring. Weens die toenemende diefstal is talle kliente vir lange tye sonder elektrisiteit. Dit het ook ‘n negatiewe invloed op die betroubaarheid van kragtoevoer en openbare veiligheid. Alhoewel Centlec kliente geleidelik help, is daar kliente wat nie die kabels kan bekostig nie en weens die hoeveelheid aangemelde gevalle is daar tans ‘n agterstand in die omkeertyd om die kabels te vervang. Centlec doen 'n beroep op die gemeenskap om geduldig te wees en om so gou as moontlik enige kabel-diefstal te raporteer.





Comments