top of page

Kan maande neem om rybewys-agterstand in te haal

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 9
  • 1 min read

Dit kan tot sewe maande neem om die agterstand met die druk van rybewyse in die land in te haal. Volgens die minister van vervoer, Barbara Creecy, is daar ‘n agterstand van meer as 730 000 rybewyse. Dit volg na die enigste masjien wat gebruik word om die rybewyskaarte te druk vanaf Februarie tot Mei vanjaar buite aksie was. Intussen sê Creecy is die werksure van personeel wat by die druk van die rybewyse betrokke is, is verleng.

 
 
 

Comments


bottom of page