top of page

Karlien se boek 'n vars briesie Christelike literatuur

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 29
  • 1 min read

Die bekende sangeres Karlien van Jaarsveld sê sy hoop dat mense deur haar boek, Riviere in die Wildernis, geïnspireer sal word om regtig vir God te begin soek en nader aan Hom te leef.

Sy het onlangs haar boek in Centurion bekend gestel by wat sommiges as ‘n “geloofservaring” beskryf het.

By dié geleentheid het sy gesels met die leier van Echo Jeugontwikkeling en skrywer Jaco Strydom gesels, en tussendeur ‘n paar liedjies gesing.

Maroela Media berig Van Jaarsveld het gepraat oor dinge wat sy by haar kinders leer en hoe dit op haar geloofslewe inspeel.

Strydom beskryf die boek as “ʼn vars briesie in die Christelike literatuur”, omdat dit nie meedoen aan “versigtig geykte praatjies” wat dikwels in dié genre voorkom nie.

Sy skryf oor die kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie met ʼn onwrikbare geloof in God gestap het.

Sy deel ook haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge.

 
 
 

Comments


bottom of page