top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kearney pleit skuldig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 25
  • 1 min read

Die 20-jarige Tristan Kearney het skuldig gepleit op drie aanklagte van strafbare manslag ná die ongeluk buite Bloemfontein waarin drie kinders oorlede is.


Volgens Netwerk24 is Kearney Dinsdag tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, saam met drie jaar korrektiewe toesig.


Hy moet ook 576 uur gemeenskapsdiens doen en sal tydens sy korrektiewe toesig onder huisarres wees.


Die ongeluk het op 24 Januarie verlede jaar op die N8 plaasgevind, waar Kearney se bakkie met ’n Chevrolet Spark gebots het.


In die motor was Adrie Jonck en vier kinders. Ayden Smit, Ryan Smit en Leané van Papendorp is oorlede, terwyl nog ’n kind die ongeluk oorleef het.


Die hof het gehoor die botsing het by ’n kruising plaasgevind, met ’n verkeerslig wat van oranje na rooi verander het.


Die landdros het gesê Kearney toon berou en het goeie kanse op rehabilitasie.


Tristan Kearney. FOTO: Netwerk24
Tristan Kearney. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page