top of page

Kernstigtings onttrek hulle van die eerste been van die nasionale dialoog

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 8, 2025
  • 1 min read

Met net 'n week oor voor die Nasionale Dialoog, het die stigtings van oudpres. Thabo Mbeki, oudpres. FW de Klerk, Steve Biko, Albert Luthuli en aartsbiskop Desmond Tutu hulle van die eerste been onttrek.

Dié stigtings vorm deel van dialoog se voorbereidingstaakspan.

Rapport berig dit kom aangesien die stigtings meen die dialoog se kernbeginsels word geskend in die haas om op 15 Augustus 'n byeenkoms aan te bied.

Volgens 'n verslag sê die stigtings wat as 'n burgergeleide inisiatief begin het, in die praktyk na regeringsbeheer verskuif het, wat beteken die kritieke oomblik waarin burgers die leiding behoort te neem, ondermyn sal word.

Die stigtings benadruk dat hulle nie aan die nasionale dialoog in die geheel onttrek nie, en stel voor dat die eerste konvensie liewers uitgestel word na 15 Oktober om vir voldoende voorbereiding, samehang en deelnemende integriteit toe te laat.

 
 
 

Comments


bottom of page