Klopjagte is by vier skrootmetaalmaatskappye geloods
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 14
- 1 min read
Updated: Feb 16
Die Mededingingskommissie het die week klopjagte geloods by die persele van vier skrootmetaalmaatskappye in Germiston, Nigel, Vanderbijlpark en Hammanskraal in Gauteng.
Die klopjagte is deel van ‘n voortgesette ondersoek na bewerings dat die firmas moontlik prysaanpassings vir verwerkte skrootmetaal gekoördineer het.
Die maatskappye funksioneer glo as kopers van hierdie metale, wat hulle gebruik in die produksie van lang staalprodukte.
Die operasie fokus op die beslaglegging van dokumente en elektroniese data wat saam met ander inligting geanaliseer sal word om te bepaal of hierdie maatskappye die Mededingingswet oortree het.








Comments