top of page

Kommer heers oor koste van polisie-ondersoekkommissie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 14
  • 1 min read

Die Good-party het kommer uitgespreek oor die fondse wat nodig sal wees om nog ‘n kommissie van ondersoek uit te voer.

President Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat ‘n kommissie van ondersoek ingestel sal word om bewerings teen wetstoepassingsagentskappe te ondersoek. Good sê ‘n kommissie van ondersoek sal te duur en te stadig wees.

Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Suid-Afrikaners is nou moeg vir hierdie kommissies.

LUISTER: 

Intussen waarsku die DA dat die kommissie van ondersoek nie nog ’n Zondo-styl doodloopstraat moet word nie.

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die ondersoek moet werklike gevolge hê, nie bloot stof vergader terwyl politici geregtigheid ontduik nie.

Hy kritiseer Ramaphosa omdat hy aanspreeklikheid uitkontrakteer en hervorming voorgee terwyl ministers wat van korrupsie beskuldig word, in die kabinet bly.

 
 
 

Comments


bottom of page