Kommer oor haweloosheid in Vrystaat neem toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 23
- 1 min read
Kommer neem toe oor die groeiende aantal hawelose mense in die Vrystaat.
Daar is steeds ’n tekort aan skuilings en veilige akkommodasie vir kwesbare inwoners in die provinsie.
Die behoefte aan volhoubare oplossings en beter benutting van hulpbronne word ook beklemtoon.
Die DA sê verder in ’n mediaverklaring dat die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling dringend ’n duidelike en uitvoerbare plan moet voorlê om haweloosheid aan te spreek.
Die party meen die gebrek aan optrede ondermyn mense se reg op menswaardigheid en dring aan op ingryping.








Comments