Koue en nat weer duur voort
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Owerhede doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om uiters versigtig te wees terwyl strawwe winterweer in verskeie dele van die land voortduur.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir swaar sneeu, vriesende toestande, reën en sterk winde, wat reeds reis en padverkeer ontwrig.
Owerhede waarsku dat weer- en padtoestande vinnig kan verander, en dat paaie wat tans oop is, later gesluit kan word.
Motoriste word aangeraai om nie-noodsaaklike reise te vermy en slegs amptelike opdaterings oor padtoestande en moontlike sluitings te volg.








Comments