Kragonderbreking frustreer Bloemfonteiners
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 7
- 1 min read
Terwyl talle Bloemfonteiners hul misnoeë op sosiale media uitspreek oor kragonderbrekings, sê Centlec in ’n mediaverklaring die probleem hou verband met toerusting by ’n substasie.
Volgens ‘n mediaverklaring van Centlec het ’n transformator by die Arcadia DC-substasie uitgeskop ná ’n fout by die Western T-skakelstasie. Toetse het getoon dat die toerusting nie weer veilig aangeskakel kan word nie.
Centlec sê ’n noodplan is in werking gestel wat die gebruik van ’n mobiele kragopwekker insluit om kragtoevoer te herstel.
Die proses kan egter eers veilig gedurende die dag voortgaan, terwyl verdere toetse ook intussen gedoen word.
Centlec het om verskoning gevra vir die ongerief en sê werk duur voort om krag so gou moontlik te herstel, maar geen tydraamwerk is nog gegee vir wanneer die krag ten volle herstel sal wees nie.








Comments