top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kragte word saam gespan om jeugoortreders te bemagtig

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25
1 min read

Om jong oortreders, paroolgangers en slagoffers van misdaad te bemagtig is ‘n driejaarvennootskap tussen die Departement van Korrektiewe Dienste en die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap onderteken.


Die agentskap sal vaardigheidsontwikkeling, entrepreneurskapsopleiding, leermateriaal en Nasionale Jeugdiensgeleenthede gratis aan deelnemers wat in aanmerking kom bied.


Die departement sê hierdie vennootskap is daarop gemik om lewensonderhoud te skep, selfstandige werk te ondersteun en herhaling van oortredings te verminder.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page