KRIEKET: Cricket Australia skep ‘n 'veilige ruimte' rakende die sandpapiersage

Cricket Australia het 'n onafhanklike forum aangekondig waar spelers en personeel wat by die 2018-sandpapierskandaal betrokke was, hul weergawes van gebeure in 'n veilige ruimte kan deel.
Die besluit volg nadat die omstredenheid weer opgevlam het weens bewerings in oud-kolwer Usman Khawaja se nuwe outobiografie dat die hele Australiese span van die balpeutery bewus was.
Cameron Bancroft, wat destyds met skuurpapier aan die bal betrap is, het dié bewerings nou ook ondersteun.
Volgens Al Jazeera sal die forum nie 'n nuwe ondersoek wees nie, en geen verdere sanksies sal opgelê word nie. Cricket Australia hoop dat die proses die betrokkenes sal help om dié omstrede hoofstuk in Australiese krieket af te sluit.










Comments