top of page

Kriminele elemente in die Vrystaat is verblind deur hul onversadigbare begeerte na geld

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 17, 2025
  • 1 min read

Tydens die Vrystaatse Premier, Maqueen Letsoha-Mathae, se voorbereidings vergadering het sy die stand van die provinsie se munisipaliteite gekritiseer. Volgens die premier is munisipaliteite deur kriminele elemente geïnfiltreer wie se onversadigbare begeerte na geld hulle verblind het. Volgens haar is daar geen ander verklaring vir die onvoltooide projekte in die provinsie nie. Sy voeg by in ‘n aanlyn plasing vriende met geen kapasiteit om groot projekte aan te pak, word aangestel wat daartoe lei dat projekte verdwyn. Die Premier het 'n streng waarskuwing gestuur dat die era van verkeerde dade verby is. As die Premier van die provinsie eis sy verandering, maar belangriker nog sê die premier, die mense van die Vrystaat eis verandering.

 
 
 

Comments


bottom of page