top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kroonstad loop deur onder ‘n reeks brande

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12
1 min read

Kroonstad is binne die bestek van ’n week deur ’n reeks brande getref, met ’n huis, woonstel, twee lapas en die koshuis van ’n plaaslike laerskool onder die eiendomme wat beskadig of verwoes is.


Die reeks brande het kommer in die gemeenskap laat ontstaan, veral te midde van die koue winterweer wanneer inwoners toenemend van verwarmers en ander verhittingstoestelle gebruik maak.


Netwerk24 berig die brand by die Primêre Skool Moqhaka se Opsaal-koshuis het die grootste aantal mense geraak. Die koshuis is tans gesluit en die 240 leerlinge wat daar gebly het, is tydelik na hul ouerhuise geneem.


Een leerling is ná die brand hospitaal toe geneem weens rookinaseming. Die boonste verdieping van die koshuis het glo die meeste skade opgedoen.


Forensiese ondersoekers ondersoek die oorsaak van die brand.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page