Kurt Darren spoeg vuur oor kaartjies steeds vir sy gekanselleerde vertoning verkoop word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 31
- 1 min read
Die sanger Kurt Darren spoeg vuur omdat kaartjies vir die Kurt Darren Ikoon-konsert steeds te koop is nadat hy hom reeds drie weke gelede daaraan onttrek het.
Rapport berig Darren sê hy distansieer hom heeltemal van die konsert, wat in Maart volgende jaar in Pretoria aangebied sou word.
’n Australiese konsertorganiseerder het Darren daarop bedag gemaak dat kaartjieverkope steeds oop is en vir hom skermgrepe daarvan gestuur.
Dit nadat Darren drie weke gelede in Nederland by die Theuns Jordaan-huldeblykkonsert vir die organiseerder en promotor, Wynand de Villiers, gesê hy wil nie sy Ikoon-konsert doen nie.
Darren raai kaartjiehouers aan om dadelik terugbetalings direk vanaf TopTickets aan te vra.





Comments