Landbank se likwidasiepraktyke is onder die soeklig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die Nasionale Raad van Provinsies het ’n mosie goedgekeur wat eis dat die Landbank se omstrede likwidasiepraktyke dringend ondersoek word.
Dit volg ná ernstige beweringe oor mislukkings in Suid-Afrika se hele likwidasiestelsel.
Die DA se Igor Scheurkogel sê meer as 150 kommersiële plase het na bewering reeds verlore gegaan, weens wat hy as "twyfelagtige prosesse" beskryf.
Die mosie vra nou vir onafhanklike forensiese ondersoeke, wetgewende hervorming, en moontlike kriminele optrede teen skuldiges.
Scheurkogel eis ook dat alle huidige likwidasieprosesse onmiddellik gestaak word, veral waar die Landbank nie sy wettige gesag oor die skuld kan bewys nie.]
LUISTER HIER:
Igor Scheurkogel_Landbank








Comments