Landbou sukkel glo weens 'n gebrek aan buitelandse werkers
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Updated: 2 days ago
Fabrieke, plase en selfs gewone huishoudings sukkel glo om werkers te kry nadat duisende buitelanders binne enkele weke die land verlaat het. Hulle het gevlug weens gewelddadige betogings teen immigrante en strenger optrede deur immigrasiebeamptes.
Netwerk24 berig een boer aan die noordkus sê hy het feitlik oornag tot 80% van sy werkers wat suikerriet sny, verloor. Hy sê produksie en voorraad het só verswak dat dit moeilik gaan wees vir die meulens om oop te bly.
'n Ander boer sê plaaslike mense hou nie van dié werk nie omdat dit uitmergelend en fisiek veeleisend is.
Vakbonde en navorsers voer egter aan met Suid-Afrika se werkloosheidskoers bo 33% – en selfs hoër wanneer mense ingereken word wat opgehou het om werk te soek – is daar nie ’n tekort aan Suid-Afrikaners wat bereid is om te werk nie.
Hulle meen eerder dat baie werkgewers buitelandse werkers verkies omdat hulle goedkoper en meer buigsaam is en minder geneig is om formele kontrakte, voordele of die beskerming van arbeidswetgewing te eis.








Comments