top of page

'Langenhovenpark se paaie sal nie 'n skool kan hanteer nie'

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 24, 2025
  • 1 min read

Langenhovenpark in Bloemfontein se infrastruktuur is nie geskik om die druk van 'n nuwe skool te hanteer nie. Dit volgens die DA-wyksraadslid in dié woonbuurt, Jan-Hendrik Cronjé.

Volgens berigte gaan 'n nuwe skool met 24 mobiele klaskamers vir 450 leerlinge van gr. R tot gr. 8 op die oop stuk grond wes van die Langenhoven-mark gebou word. Die heining is reeds opgerig.

berig Cronjé sê die inwoners is nie gekant teen die bou van die skool nie, maar is wel bekommerd oor die impak van 'n skool op die woonbuurt se infrastruktuur.

Die woonbuurt se paaie en sanitasie is, volgens Cronjé, nie geskik vir die bykomende druk nie.

Daar is tans nog nie 'n kontrakteur aangestel om die skool te bou nie.

 
 
 

Comments


bottom of page