top of page

Lasterlike uitlatings kos ‘n Vrystaatse boer derduisende rande

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 4
  • 1 min read

Lasterlike uitlatings het ‘n boer van die Winburg-distrik duur te staan gekom nadat die hooggeregshof in Bloemfontein gelas het dat hy teen Vrydag R300 000 aan ‘n boer van die distrik en sy vriendin moet betaal. Volgens Netwerk24 volg dit na hy hulle onder meer as veediewe wat glo al voorheen in hegtenis geneem is uitgekryt het. Daar is ook gelas dat Riaan van der Burgh weer eens ‘n verskoning van September 2023 op verskeie WhatsApp-groepe moet publiseer. In die verskoning sê van der Burgh dat die bewerings nie kwaadwillig deur hom gemaak is nie, maar op vals inligting gegrond is.

 
 
 

Comments


bottom of page